Radio Suid Afrika
 

Het Jy Gehoor?

Hoofblad
Biografie
Musiek
Foto's
Optredes
Besprekings / Navrae


 

" Wie kan in elk geval nou klaarmaak op universiteit as jy nog tussendeur musiek maak ook?" spot die 35 jarige Wynand Winpomp (eintlik Burger). Hy het voor hy skool toe is, 'n rukkie musiek geneem, maar erken hy is dislekties wanneer dit by note kom. "Ek kan glad nie musiek lees nie en speel

heeltemal op gehoor," sê Wynand. Sy debuut-CD, Te Ladida, is verlede jaar uitgereik.

 

"Ek het eers na skool ernstig begin musiek maak en in verskeie groepe

gespeel voor ek na my geboortegrond in Brandvlei teruggekeer het".

 Vir die wat nie weet nie - Brandvlei is tussen Calvinia en Upington.

"Ons lê so op die rand van Boesmanland." verduidelik hy.

 

Tussen die boerdery saam met sy pa deur het Wynand 'n eetplek

op die dorp begin. Daar is lank aan 'n naam gedink voor besluit is op

"Die Windpomp".

 

"In hierdie wêreld kan jy nie op reën staatmaak nie en as daar nie water

uit die grond kom nie, kan jy nie met skaap boer nie. Windpompe is dus

baie belangrik vir ons en dis waar die naam vandaan kom," sê hy.

Wynand het weer begin sing en liedjies geskryf. Voor hy hom kon kry,

het hy 'n CD in die hande gehad en deesdae tree hy minstens drie keer per week op...

Vir Besprekings kontak:Andre@Tafelbergmusiek.com




Janine van Niekerk, baie dankie vir jou bydrae.


November... die laaste maand van BARS voor Desember se saligheid.  So kom ons spring net kop eerste in en swem dat dit klap!

God is so goed en daar is plekke waar Sy naam HOOG geëer word die maand! J

 

Heel eerste, ons insig die maand mag jou dalk net effe laat regop sit.

Die media het haar nou wraggies uitmekaar getrek soos hulle haar woorde verdraai het.  So hier's 'n stukkie waarheid, komplimente Gretha Wiid:

 

 

Gretha: "Jou gedagtes – Positiwiteit of negatiwiteit word baie keer bepaal deur die mense wat ons onsself mee omring.  Mense het die vermoë om ons op te sweep, goed te laat voel of ons gedagtes heeltemal anders te swaai.  Die Here vra van ons almal om ons gedagtes eerste op Sy woord te rig, dit was rein, edel en opreg is.  Ek het gehoor van 'n joernalis wat by van hierdie Amerikaanse Indiane uitgekom het, en hy vra vir die hoofman van hierdie een stam hoe hy sy lewe sou beskryf.  Die hoofman antwoord hom toe: "My lewe vir is vir my soos twee wolwe wat konstant met mekaar baklei."  Toe die joernalis hom vra hoe hy weet watter wolf die geveg sou wen, antwoord die hoofman; "Dis maklik, die een wat ek die meeste kos voer."  Dit was vir my belangrik om te besef dat as mens die positiewe, Goddelike, hoopvolle gedagtes in ons lewens voer, dan gaan ons later die vrees, wanhoop en die moedeloosheid in ons lewens daarmee verswelg.  Ek wil jou uitdaag met die woord.  God sê "walk by faith and not by sight".  As jy vandag moedeloos voel, kies om jouself te omring met mense wat vir jou hoop bring.  Kies om in God se woord te wees en weet daar waar Hy is, is daar altyd 'n tweede kans. Saam met Spreuke 4:23 sê ek wees versigtig vir die dinge in jou gedagtes, want dit bepaal jou hele lewe.   Kies nou om anders te dink."

 

GWWorthyWomenConferenceEM.jpg

 

Die Worthy Woman konferensie 09 wat soveel mense se hare laat regop staan het omdat Gretha glo sê vrouens is mans se "onderdane" is wraggies op DVD beskikbaar.  Vir almal wat haar persoonlik afgeskryf het omdat hulle haar geoordeel het op wat die media kwytgeraak het, hier is jou kans!  Kry die DVD, dan bewys jy jouself of vir haar verkeerd en jy hoef NOOIT weer te wonder of jy dalk net effe te maklik beïnvloed was en geoordeel het soos wat jyself nooit geoordeel wil word nie, ne?  En vir die7000 dames wat wel daar was (en die bykans nog 5000 wat nie kon inkom nie), is dit sekerlik net goeie nuus om te hoor die DVD is nou uiteindelik oral beskikbaar. J

En as jy nou die uitdaging aanvaar het, en dit vir jouself uitgepluis het dat sy OK is, dan kan jy met 'n vreugde een van die volgende praatjies bywoon:

1)      14 Nov – Eva se lyf,  9h00 die oggend by Doxa Noord teen R100 p.p.

2)      21 Nov – Uitdagings van die Saamgestelde gesin en geskeides (geen kinders asb), weer 9h00 die oggend by Lynnwoodrif NG kerk – R80 p.p

Alle kaartjies by www.itickets.co.za

 

Dan ons KOMPETISIE!

 

OorgegeeDVDEM.jpg

Mense wou my OMTREND kruisig toe ek laat weet ek het die aand van die 8ste Oktober toe die Luidkeels band en produksiespan die eerste "viewing" van die Retief Burger - Luidkeels Oorgegee DVD doen, my kopie laat teken nie net deur Retief nie, maar ook deur die hele band en Joe Niemand, wat die producer was!  Hoe is dit vir 'n versamelaars item!  Ek het net in my mou gelag, want ek het eintlik 5 van hulle laat teken en julle nie gesê nie.  So daar is 5 van hierdie DVD's in die land, en 1 van die 5 is dan nou net hier in hierdie einste nuusbrief te wenne!  Ek het ook een vir Impact Radio gegee (ek werk daar jy sien), en nog een vir Psalted,  'n SABC 2 program wat ek hier onder van vertel.  Een is myne natuurlik en julle moet maar self sien waar die laaste een uitpop!  LOL  O ja, die kompetisie...  Stuur jou motivering na janine@visionpromotions.co.za as jy DAAI DVD wil wen!

Ps, wenners van die Third Day CD kompetisie is:

Bertus Esterhuysen, David van der Walt, Anneke Crots, Willie Krause en Stef du Raan.  Julle CD's is op pad na julle toe met 'n spoed!  Al die ander honderde het darem almal 'n Nuwe Visie CD gekry ne?

 

NUUS

Raai wie open vir ThirdDay die 6de Nov. hier in Pretoria?  Retief Burger, Louis Brittz en Krisstel is saam op met een band as een set!  Dit gaan STUNNING wees, om nie eers te praat van een van die beste rock bands in chr. musiek geskiedenis nie.  As jy nie weet wie Third Day is nie, kan ek hulle vir jou beskryf as die Christelike ekwivalent van U2.  Nie in hoe hulle klink nie, maar in hulle status in chr. musiek sirkels.  Hulle maak al van 1991 af puik rock musiek, en hulle het nog nooit gesing asof hulle al die antwoorde het nie.  Om die waarheid te sê, hulle nuutste album, Revelation, is juis een wat weer vrae vra, en berus by Sy alwetendheid.  Julle moet daar wees hoor.  Kaartjies by itickets.co.za natuurlik.

 

Dan 'n GROOOTTE:

 

fe26-006

Volgende jaar hou Jericho hulle 10 000 jaarse vieringe (ja ja, kom ons redeneer nie hieroor nie!) – een van die oudste stede in die wêreld.  As deel daarvan word daar volgende jaar 'n Israel Gospel Gala 2010 gereel waar 'n HOOP van ons SA kunstenaars soontoe gaan vir 'n gospel konsert die 6de Okt in Jerusalem, en 'n aanbiddingsaand die 8ste Oktober in die Woestyn by Ein Gedi.  Hulle beplan om die meeste Suid Afrikaners OOIT op een slag daar te kry aanbid.  Baie van die kunstenaars gaan toere lei (dis nou volledige toere deur Israel), en dan kom al die toere bymekaar vir daardie twee aande in Jerusalem.  Kunstenaars betrokke by die projek is Danie Botha, Retief Burger, Julius Magan, Ronel Erasmus, Bobby van Jaarsveld, Trevor Sampson, Rina Hugo o.a.  en predikers vir die twee aande is Angus Buchan vir die 6de, en Dr Isak Burger vir die aanbiddingsaand die 8ste.   Dit gaan verby ongelooflik wees.  Die hele storie word gekoördineer deur Stargate International, so vir nou kan jy op www.stargateinternational.co.za gaan loer solank, of jy kan hulle bel op (011) 918 7612 as jy wil saamgaan, of dalk selfs 'n toerleier wil wees.

 

Alle kunstenaars wat dien in jou plaaslike gemeente, hier is 'n naam om baie gou te leer ken.  Nancy Beach is 'n internasionale spreker, en iemand wat die kunste promoveer met baie praktiese onderrig en inspirasie vir elkeen wat die dienste met hulle talente verryk elke Sondag.  Sy hou Green Room sessies met die punt om kunstenaars te laat netwerk, en hulle saam te laat aanbid en groei.

Daar word 3 sulke Green Room Events gehou in November.

18 Nov – The Grace Community Church, Durban

19 Nov, Donderdag, in Kaapstad

21 Nov, New Life Church, JHB

Dit vind plaas van 9h00 – 15h00 en kos lyk my verskillende pryse vir verskillende groepe mense.

Gaan kry maar jou volledige inligting self by www.willowcreeksa.co.za

 

Dan weet ek nie of jy weet nie, maar daar is 'n HOOP nuwe Christelike flieks wat die Kinnies sowel as die video rakke tref deesdae.

Een van hulle word gratis by Nu Metro vertoon op Sondae van 30 Okt – 12 Nov!

Die fliek is The Adventures of Toby ('n inspirerende fliek met die stem van James Alexander wat mos in Houtkruis die musical gespeel het), en voor jy dink ek mislei jou oor die opbouende binnegoed, gaan kyk self waaroor dit gaan by www.adventuresoftoby.com voor jy gou jou naaste Nu Metro kantoor bel vir jou gratis kaartjies J  Lekker om dinge te weet ne?

 

TegnorelevansieEM.jpg

Dan vir al die Christene met 'n hart vir mense binne en veral buite die kerk.  En ook vir mense wat wil weet hoe hulle invloed kan kry op 'n gratis, maar erg effektiewe manier, kom woon 'n bietjie TegnoRelevansie by.  Dit vind plaas by NG Onderstepoort (PTA Noord), 18h30 die 26ste November.  Dit gaan oor die potensiaal van die internet via forums soos Facebook, Twitter ens. wat saam ongekende potensiaal het.  Dit is ook waar ons die gevare aanspreek, want jy moet oop oë in díe bedieningsveld inloop.  Die aand is gratis, maar jy moet registreer, en daarvoor kontak jy Lenel van Niekerk by lenel@mbana.co.za of jy bel haar op 084 398 2747.

 

 

Dan vir al die Kaapse Joyce Meyer volgelinge, sy is by His People N1 City 15 November 2009 @ 5pm.  Hillsong is die gasheer. Dis gratis en navrae kan aan info@hillsong.co.za gerig word

Dan is daar 'n lekker nuwe jong Christelike aktualiteitsprogram op SABC 2 op Sondae 8h30 (vir die wat nie by die kerk of op pad soontoe is nie).  Sy naam is Psalted (gesout!).  Ek is erg jaloers dat ek nie 'n aanbieder is nie, want daai twee gaan enigiets doen van lugballon ry en ysskaats tot nuwe BMW's uittoets terwyl hulle met interessante mense praat wat stories het wat baie inspirerend gaan wees om te hoor.  Om nie van puik kontemporêre musiek videos, plaaslike videos, live videos en selfs klassieke (soos in legendes) videos te praat nie... dis eintlik 'n musiek program jy sien.  So as jy indut die oggend, onthou om in te skakel OK?  Ons hoor mos TV lisensies gaan dalk waai, so maak hom tel terwyl jy mos klaar betaal het!

 

Ooeee, wil julle 'n bietjie lekker nuus vir volgende jaar al hoor???  Ek weet nie wie van julle die band Korn ken nie?  Dis 'n sekulêre HARDE MUSIEK band met erg vulgêre woorde wat wêreldwyd een van die grootste bands was op 'n stadium.  Wel hulle een kitaarspeler se naam was Brian Welsch (Head, soos hulle hom genoem het).  Hy het sy dogtertjie hulle "liedjies" hoor sing, en dit het hom so geskok, dat hy 'n hoop dwelms gevat het en kerk toe is.  Dit het hom nie aangestaan nie, toe is hy erg hoog alleen na sy hotelkamer toe, en daar het hy vir Jesus gesê as Hy bestaan, sal hy wat Brian is hom dien.  Hy het 24 uur later daar uitgekom, skoon van dwelms en sy lewe is 180 grade omgekeer.  Hy het die band verlaat, en sy doop is op Internasionale TV gedek.  Dit het alles in 2005 gebeur en daardie man is vandag radikaal vir God.  Hy kom SA toe in Februarie.  So begin solank jouself voorberei op 'n ongelooflike storie.  Ek sal julle op datum hou met die reelings, maar jy kan solank weet, dit gaan in Pretoria gebeur J

 

cid:image004.png@01CA593D.B961EC40  TIRO2EM.jpg Pietnetpic.jpg  reananetpic.jpg  VertikaalEM.jpg

 

Riana Nel bied sulke ekstra spesiale aande aan by Madisons Café in Atterbury Str. Pretoria Oos.  Sy maak die hele aand verstand wegblaas liedjies gebasseer op woorde wat die geboekde gehoor vir haar deur die aand uitdink.  Dit is oor hierdie spesifieke talent van haar (en haar ongelooflike stem) dat een van die grootste platemaatskappye in Amerika haar 'n kontrak aangebied het.  Sy het nee gesê en nou het ons haar hier (JIPPEE!!), en jy kan nie net by die aand instap nie.  Jy boek jou plek deur Madisons self te bel (en boek vroeg dis altyd uitverkoop).  Hulle nommer is: 012 348 9071 en dit kos R70pp sonder die kos natuurlik!

Vir die wat enigsins binne n radius van 200km van Pretoria is, kom doen jou deel vir die Beeld Kinderfonds asb.  Al die volgende Afrikaanse kunstenaars neem verniet aan die Kinderfonds konsert die 25ste November deel.   Kurt Darren, Bobby van Jaarsveld, Kevin Leo, Retief Burger, Caricke Keuzenkamp ens..  Dit vind plaas van 19:00 - 22:00 by die Moreleta Woodlands Ouditorium, Garstfontein weg, Pretoria en kaartjies soos vir enige christelike event is by www.itickets.co.za

 

Bobby van Jaarsveld tree op in Witbank op die 21ste November 2009.  Dis by die Heritage of Faith Gemeenskapskerk (7 Duiker straat Reyno Ridge), en Chris Knoetze is die kontakpersoon daar op 082 610 5085 as jy jou R60 kaartjie in die hande wil kry.  Sy e-mail is corpus.dubelle@telkomsa.net net vir ingeval J

 

Die Lephalale Gospel Fees word Lephalale 4 Jesus genoem en gebeur by die Lephalale Mogul Club Sportsgronde van 18h00 – 22h30 op die 27ste November.  Kaartjies kos R20 om kostes te dek.  Die vermaak sluit in Piet Smit, Luidkidz, Tiro en Liezel Goosen met Franna Benade as MC.  Eleen Botha het al jou antwoorde op 083 586 1366 en vir die geskrewe vrae, is eleen@wbothagroup.co.za die oplossing J

 

En laastens: Vir die reisigers wat op soek is na iets unieks, hoekom gaan jy nie Drakensberg Seunskoor se Festive Celebration Fees toe van 4 – 6 Desember nie.  Dis te midde prag natuurskoon en jy kan natuurlik uitmuntende Kersmusiek en stalletjies te wagte wees.  Gaan lees meer by www.dbchoir.co.za of skakel vir Ilse Schürmann by 082 851 7157

 

En dis dan nou dit vir die maand!  Ps. Ek het twee maande gelede vergeet om te sê happy bday onsself!  Want Vision Promotions was September al 2 jaar oud!  Kan dit nie glo nie maar dis waar.  Ons was so besig ons het ons eie verjaarsdag vergeet!  So daar het jy dit nou!

Ps. Aangesien ons soort van nog verjaar kan ons sekerlik weer vir mense ons Nuwe Visie CD present gee ne?  As jy nog nie van ons af so 'n CD ontvang het nie (dis nou die een met al die gospel kunstenaars op wat ons verteenwoordig), dan kan jy my net laat weet en ek stuur hom sommer dadelik vir jou aan.  Ek wil vreeslik graag jou horisonne met 'n kilometers verbreed J

 

So tot ons Desember mekaar in trane sterkte toewens vir die vakansie vreugde, kom ons staan net tot dan...

Hier's my twitter quote vir die maand komplimente Darlene Zschech: "A cynical world needs to see humble people with absolute confidence in God. Obedience, not ego, is the source of true confidence!"   So kom ons gee die wêreld rede om te wonder wat ons weet...

 

He 'n lieflike maand

Janine

 

email_footer-opsie3

cid:B5B23925-76DC-4F7E-ACC4-986C4A6F2063




Web Hosting Companies